1 TIMOTEUS 5:19
1 TIMOTEUS 5:19 Bybel vir almal (ABA)
Julle moenie luister na iemand wat sê dat 'n ouderling verkeerde dinge gedoen het nie, maar wanneer daar twee of drie getuies is, dan moet julle na so iemand luister.
1 TIMOTEUS 5:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Moenie 'n beskuldiging teen 'n ouderling aanneem nie, behalwe op die getuienis van twee of drie.
1 TIMOTEUS 5:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Beskuldiging teen 'n ouderling moet jy nie aanneem nie, tensy dit deur twee of drie getuies bevestig word.
1 TIMOTEUS 5:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moenie 'n klag teen 'n ouderling aanvaar nie, behalwe as twee of drie getuies dit kan bevestig.
1 TIMOTEUS 5:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Moenie 'n beskuldiging teen 'n ouderling ontvang nie, maar voor twee of drie getuies.