1 TIMOTEUS 2:9-10
1 TIMOTEUS 2:9-10 Die Boodskap (DB)
Vroue moet ook ordentlik aantrek sodat hulle nie die verkeerde boodskap vir ander mans gee en so hulle eie man in die verleentheid bring nie. Hulle moet so aantrek dat God en hulle man tevrede sal wees. Vroue wat geen geheim daarvan maak dat hulle die Here dien nie, moet hulle lewe eerder versier met al die goeie dinge wat hulle vir ander mense doen. Dit maak hulle baie mooier as wat duur klere of mooi juwele dit ooit kan doen.
1 TIMOTEUS 2:9-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
En ek wil hê vroue moet beskeie wees in hulle voorkoms. Hulle behoort ordentlike en paslike klere te dra en nie die aandag op hulleself te vestig deur die manier waarop hulle hulle hare tooi of goud of pêrels of duur klere dra nie. Want vroue wat aanspraak daarop maak om toegewy aan God te lewe behoort hulleself aantreklik te maak deur die goeie dinge wat hulle doen.
1 TIMOTEUS 2:9-10 Bybel vir almal (ABA)
Ek wil ook hê dat vroue mooi moet wees omdat hulle die regte klere dra, klere wat wys dat hulle nie slegte vroue is nie en dat hulle mooi maniere het. Hulle moenie hulle hare so mooi vleg dat almal altyd daarna wil kyk nie, en hulle moenie goue juwele of pêrels of baie duur klere dra nie. Nee, vroue wat sê dat hulle vir God dien, moet goeie dinge vir ander mense doen, en só moet hulle mooi wees.
1 TIMOTEUS 2:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
SO ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie, maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke.
1 TIMOTEUS 2:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van die vroue wil ek hê dat hulle ook in hulle kleredrag waardig, beskeie en ingetoë moet wees. Hulle versiering moenie haarkapsels en goud of pêrels of duur klere wees nie, maar goeie werke, soos dit vroue betaam wat openlik bely dat hulle God dien.