1 TIMOTEUS 2:6
1 TIMOTEUS 2:6 Bybel vir almal (ABA)
Hy het sy lewe gegee en Hy het gesterf om al die mense vry te maak. So het Hy gewys dat die regte tyd gekom het.
1 TIMOTEUS 2:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
wat Homself gegee het as 'n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd
1 TIMOTEUS 2:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
wat Homself as 'n losprys vir almal gegee het. Dit was op die bestemde tyd die bewys van die bedoeling van God.
1 TIMOTEUS 2:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
wat Homself as losprys vir almal gegee het, tot getuienis op die bestemde tyd.
1 TIMOTEUS 2:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
wat Homself as 'n losprys vir almal gegee het om op die regte tyd getuig te word.
1 TIMOTEUS 2:6 Die Boodskap (DB)
Hy het die prys betaal wat nodig was sodat ons saak met God weer reg kon wees; ja, Hy het Homself daarvoor gegee. Op die regte tyd het Hy gewys dat God mense graag by Hom wil hê.