1 TIMOTEUS 2:5-6
1 TIMOTEUS 2:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want daar is een God, en een Middelaar tussen God en die mense: die mens •Christus Jesus, wat Homself as losprys vir almal gegee het, tot getuienis op die bestemde tyd.
1 TIMOTEUS 2:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus; wat Homself as 'n losprys vir almal gegee het om op die regte tyd getuig te word.
1 TIMOTEUS 2:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Die waarheid is: Daar is net één God en daar is net één Persoon wat God en die mense bymekaar kan bring, dit is die mens Christus Jesus. Hy het sy lewe gegee en Hy het gesterf om al die mense vry te maak. So het Hy gewys dat die regte tyd gekom het.
1 TIMOTEUS 2:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself gegee het as 'n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd
1 TIMOTEUS 2:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus wat Homself as 'n losprys vir almal gegee het. Dit was op die bestemde tyd die bewys van die bedoeling van God.
1 TIMOTEUS 2:5-6 Die Boodskap (DB)
Daar is mos net een God en daar is net een Mens wat ons kan help om by God uit te kom, en dit is Christus Jesus. Hy het die prys betaal wat nodig was sodat ons saak met God weer reg kon wees; ja, Hy het Homself daarvoor gegee. Op die regte tyd het Hy gewys dat God mense graag by Hom wil hê.