1 TIMOTEUS 2:2
1 TIMOTEUS 2:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.
1 TIMOTEUS 2:2 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet bid vir konings en vir almal wat oor julle regeer. Julle moet dit doen sodat ons stil en rustig kan lewe terwyl ons vir God dien en lewe soos Hy wil hê.
1 TIMOTEUS 2:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.
1 TIMOTEUS 2:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
vir konings en vir almal wat gesagsposisies beklee, sodat ons 'n rustige en stil lewe, in alle godvresendheid en waardigheid, kan lei.
1 TIMOTEUS 2:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Vir konings en vir almal wat gesag het; sodat ons 'n rustige en rustige lewe kan lei in alle godsvrug en eerlikheid.
1 TIMOTEUS 2:2 Die Boodskap (DB)
Dit maak nie saak of dit die belangrikste persoon in die regering is en of dit sommer ’n gewone polisieman is nie, bid vir elkeen wat moet sorg dat alles goed gaan in die gemeenskap. Julle sal die vrugte daarvan pluk, want julle sal dan in rus en vrede julle gang kan gaan en kan leef soos God wil hê julle moet leef.