1 TIMOTEUS 1:19 - Compare All Versions
1 TIMOTEUS 1:19 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hou vas aan die geloof en behou 'n goeie gewete. Omdat sommige hulle gewete onderdruk het, het hulle geloof skipbreuk gely.
1 TIMOTEUS 1:19 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
en aan die geloof en 'n goeie gewete vashou. Sommige het dit van hulle weggestoot en aan die geloof skipbreuk gely
1 TIMOTEUS 1:19 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hou styf vas aan jou geloof, en hou altyd jou ge-wete skoon. Want sommige mense het opsetlik hulle gewete eenkant gestoot en as gevolg daarvan het hulle geloof skipbreuk gely.
1 TIMOTEUS 1:19 DB (Die Boodskap)
Moenie iets doen waaroor jy sleg sal voel nie en vertrou Jesus Christus. Party mense wou niks weet van hierdie dinge nie en verkeerde dinge het hulle later nie meer gepla nie. Daarom is daar ook niks van hulle Christenskap oor nie en hulle vertrou ook nie meer op Jesus nie.
1 TIMOTEUS 1:19 ABA (Bybel vir almal)
Jy moet aanhou glo en jy moet onthou wat is reg en wat is verkeerd. Party mense wou dit nie onthou nie en hulle het opgehou glo, hulle geloof was soos wanneer 'n skip stukkend stamp op die rotse en sink.
1 TIMOTEUS 1:19 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
met geloof en 'n goeie gewete – iets wat sommige mense versaak het, waardeur hulle geloof skipbreuk gely het.
1 TIMOTEUS 1:19 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Met geloof en 'n goeie gewete; wat sommige vanweë die geloof weggedoen het, skipbreuk gebring het.