1 TIMOTEUS 1:16
1 TIMOTEUS 1:16 Die Boodskap (DB)
Juis daarom was Jesus so goed vir my. Slegter as wat ek was, kan niemand wees nie, maar so het Jesus duidelik gewys dat Hy nie moed verloor met selfs die slegstes onder ons nie. Ons moet dit onthou as voorbeeld vir almal wat Jesus nog gaan teëkom en wat dan vir ewig saam met God gaan lewe omdat hulle op Jesus vertrou.
1 TIMOTEUS 1:16 Bybel vir almal (ABA)
Maar Christus Jesus was baie goed vir my. Ek was die grootste sondaar, maar Hy het vir my gewys dat Hy baie geduldig is. Daarom het ek 'n voorbeeld geword vir ander mense, mense wat ook in Hom kan glo en die ewige lewe kan kry.
1 TIMOTEUS 1:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar daarom is aan my barmhartigheid bewys, dat Jesus Christus in my as die vernaamste al sy lankmoedigheid sou betoon, om 'n voorbeeld te wees vir die wat in Hom sal glo tot die ewige lewe.