1 TESSALONISENSE 5:23
1 TESSALONISENSE 5:23 Bybel vir almal (ABA)
Ons bid dat God wat vrede gee, julle aan Hom sal wy sodat julle sal doen wat Hy wil hê. Ons bid ook dat wanneer ons Here Jesus Christus kom, julle heeltemal skoon sal wees, julle gees, julle hart en julle liggaam. Dan sal niemand julle kan beskuldig nie.
1 TESSALONISENSE 5:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!
1 TESSALONISENSE 5:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!
1 TESSALONISENSE 5:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En mag God self, die God van vrede, julle in elke opsig heilig maak; en mag julle volledig na gees, siel en liggaam, vlekkeloos bewaar word, tot ons Here Jesus •Christus kom.
1 TESSALONISENSE 5:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die God van vrede sal julle volkome heilig maak; en ek bid God dat julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus.
1 TESSALONISENSE 5:23 Die Boodskap (DB)
Ek bid dat God, wat vrede tussen ons en Hom gemaak het, julle lewe geheel en al vir Hom opsy sal sit. Mag Hy julle met alles binne-in julle oppas tot op daardie dag dat ons Here Jesus Christus weer kom. Mag Hy julle op ’n dag silwerskoon voor Christus laat staan, sonder ’n spikkeltjie sonde in julle lewe.