1 TESSALONISENSE 5:16-22
1 TESSALONISENSE 5:16-22 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet altyd bly wees. Julle moenie ophou bid nie. Julle moet altyd dankbaar wees, dit maak nie saak wat gebeur nie. Dit is wat God wil hê julle moet doen omdat julle in Christus Jesus glo. Julle moenie keer wanneer die Heilige Gees werk nie. Dit beteken julle moenie 'n profeet stilmaak nie. Maar julle moet ook nie alles glo wat mense sê nie. Julle moet toets wat mense sê en kyk of dit regtig is wat God wil hê. Dan sal julle weet wat goed is. Bly weg van alles wat sleg is.
1 TESSALONISENSE 5:16-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle. Blus die Gees nie uit nie. Verag die profesieë nie. Beproef alle dinge; behou die goeie. Onthou julle van elke vorm van kwaad.
1 TESSALONISENSE 5:16-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. Moenie die werking van die Heilige Gees teenstaan nie. Moenie profesieë geringskat nie, maar toets dit alles, behou wat goed is, en bly weg van alles wat sleg is.
1 TESSALONISENSE 5:16-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wees altyd bly; bid sonder ophou; wees in alle omstandighede dankbaar; want dit is God se wil vir julle in •Christus Jesus. Moenie die Gees blus nie; moenie profesieë geringskat nie, maar ondersoek alle dinge; behou die goeie; vermy elke vorm van boosheid.
1 TESSALONISENSE 5:16-22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wees altyd bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle. Blus die Gees nie uit nie. Verag profesieë nie. Beproef alle dinge; hou vas wat goed is. Weerhou van alle skyn van boosheid.
1 TESSALONISENSE 5:16-22 Die Boodskap (DB)
Wees altyd vol blydskap. Praat met die Here elke keer as julle die kans het. Moet nooit moeg word om te bid nie. Hy hoor! Wees heeltyd dankbaar teenoor God, wat ook al met julle gebeur. Dan stap julle op die pad wat God vir julle beplan het toe julle in Christus Jesus begin glo het. Moenie julle doof hou wanneer die Gees met julle praat nie. Luister fyn na sy stem. Moenie die profetiese boodskappe van ander oorhaastig van die tafel vee nie. Luister na alles wat hulle sê, maar wees versigtig. Stel vas of dit regtig van die Here af kom. Bêre al daardie boodskappe wat wel van God af kom in julle hart, en gaan doen dit, maar bly weg van boodskappe wat julle op die verkeerde pad kan lei.
1 TESSALONISENSE 5:16-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wees altyd vol blydskap. Moenie ophou bid nie. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle verwag omdat julle met Christus Jesus verenig is. Moenie die Gees uitblus nie. Moenie profesieë geringskat nie, maar ondersoek alles wat gesê word en behou wat goed is. Bly weg van elke vorm van kwaad.