1 TESSALONISENSE 5:12
1 TESSALONISENSE 5:12 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, ons vra vir julle dat julle die leiers moet respekteer wat hard werk daar by julle. Want hulle lei julle soos die Here wil hê, en hulle leer vir julle van Hom.
1 TESSALONISENSE 5:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan
1 TESSALONISENSE 5:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Broers, ons vra julle: Erken die mense wat so hard onder julle werk en julle in opdrag van die Here lei en teregwys.
1 TESSALONISENSE 5:12 Die Boodskap (DB)
Broers en susters, ek wil julle mooi vra om groot respek vir al die leiers in die kerk te hê. Onthou, die Here het hulle aangestel om sy wil aan julle bekend te maak. As julle die spoor byster raak, moet hulle julle aanspreek, en as julle swaarkry, moet hulle julle vertroos.