1 TESSALONISENSE 2:16
1 TESSALONISENSE 2:16 Bybel vir almal (ABA)
Hulle keer ons wanneer ons vir die heidene die boodskap wil bring sodat God die heidene kan red. So het die Jode se sondes meer en meer geword, hulle het baie baie skuldig geword. En nou het God hulle begin straf.
1 TESSALONISENSE 2:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
deurdat hulle ons verhinder om tot die heidene te spreek dat hulle gered kan word, sodat hulle die maat van hulle sondes gedurig vol kan maak. Maar die toorn het oor hulle gekom tot die einde toe.
1 TESSALONISENSE 2:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
hulle probeer verhoed dat ons aan die heidene die boodskap bring waardeur hulle gered kan word. Die Jode het nog altyd gesondig, maar nou het hulle die maat van hulle sondes vol gemaak. Nou is dit klaar: die oordeel van God het hulle begin tref.
1 TESSALONISENSE 2:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en wat ons verhinder om met die heidene te praat, sodat hulle verlos kan word. So het die Jode se sondes in elke opsig hulle volle maat bereik, en die oordeel het uiteindelik oor hulle gekom!
1 TESSALONISENSE 2:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wat ons verbied om met die heidene te spreek dat hulle gered kan word, om altyd hulle sondes vol te maak, want die toorn het tot die uiterste oor hulle gekom.