1 SAMUEL 9:3
1 SAMUEL 9:3 Bybel vir almal (ABA)
Kis se donkies het weggeraak, en hy het vir sy seun Saul gesê: “Jy moet asseblief een van die slawe saam met jou neem en julle moet die donkies gaan soek.”
1 SAMUEL 9:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe die eselinne van Kis, die vader van Saul, weggeraak het, sê Kis aan sy seun Saul: Neem tog een van die dienaars met jou saam en maak jou klaar, gaan soek die esels.
1 SAMUEL 9:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe daar op 'n keer donkies van Kis, Saul se pa, weggeraak het, het hy vir sy seun Saul gesê: “Vat een van die slawe saam, maak klaar en gaan soek die donkies.”
1 SAMUEL 9:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Donkiemerries van Kis, Saul se vader, het soek geraak. Kis het vir sy seun Saul gesê: “Neem een van die handlangers saam met jou, maak self gereed en gaan soek die donkiemerries.”
1 SAMUEL 9:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die esels van Kis, die vader van Saul, het verlore gegaan. En Kis sê vir sy seun Saul: Neem tog een van die dienaars saam met jou en maak jou klaar, gaan soek die esels.