1 SAMUEL 9:2 - Compare All Versions

1 SAMUEL 9:2 ABA (Bybel vir almal)

Kis het 'n seun gehad, die seun se naam was Saul. Saul was 'n mooi jongman, niemand van die Israeliete was mooier as hy nie, en hy was 'n kop langer as al die ander Israeliete.

1 SAMUEL 9:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En hy het 'n seun gehad met die naam van Saul, 'n jongman en mooi gebou, ja, daar was onder die kinders van Israel geeneen mooier as hy nie: van sy skouers af boontoe was hy hoër as die hele volk.

1 SAMUEL 9:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hy het 'n seun gehad met die naam Saul en dié was sterk en mooi; onder die Israeliete was daar niemand mooier as hy nie. Hy was 'n kop langer as enige van sy volksgenote.

1 SAMUEL 9:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hy het 'n seun gehad met die naam Saul, 'n mooi jong man. Onder die Israeliete was daar niemand aantrekliker as hy nie. Hy het kop en skouers uitgestaan bo die hele volk.

1 SAMUEL 9:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En hy het 'n seun gehad met die naam van Saul, 'n uitgesoekte jongman en 'n mooi man; en daar was nie 'n mooier mens onder die kinders van Israel as hy nie; van sy skouers af en boontoe was hy hoër as al die mense.

1 SAMUEL 9:2 DB (Die Boodskap)

Hy het ’n seun gehad met die naam Saul. Saul was ’n puik jong man. Daar was niemand soos hy onder al die Israeliete nie. Hy was ’n hele kop langer as die ander Israeliete.

1 SAMUEL 9:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Sy seun Saul was baie aantreklik, meer as enigiemand anders in Israel. Hy was van sy skouers af ’n kop langer as enigeen van sy volksgenote.