1 SAMUEL 7:3-4 - Compare All Versions

1 SAMUEL 7:3-4 AFR83 (Afrikaans 1983)

en Samuel het vir hulle gesê: “As julle met julle hele hart na die Here terugkom, moet julle alle vreemde gode tussen julle uit verwyder, ook die Astartes. Rig julle harte op die Here en dien Hom alleen. Dan sal Hy julle red uit die mag van die Filistyne.” Die Israeliete het toe die Baäls en die Astartes verwyder en net die Here gedien.

1 SAMUEL 7:3-4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar Samuel het met die hele huis van Israel gespreek en gesê: As julle met jul hele hart julle tot die HERE bekeer, verwyder dan die vreemde gode en die Astártes onder julle uit, en rig julle hart op die HERE en dien Hom alleen; dan sal Hy julle red uit die hand van die Filistyne. Daarop het die kinders van Israel die Baäls en die Astártes verwyder en die HERE alleen gedien.

1 SAMUEL 7:3-4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe sê Samuel vir die hele volk Israel: “As julle regtig ernstig is om na die HERE terug te keer, moet julle ontslae raak van die vreemde gode en die beelde van Astarte. As julle besluit om net die HERE te dien, sal Hy julle red van die Filistynse onderdrukking.” Die Israeliete het toe die beelde van Baäl en Astarte verwyder en net die HERE gedien.

1 SAMUEL 7:3-4 DB (Die Boodskap)

Samuel sê toe vir hulle: “As julle regtig ernstig is om na die Here toe terug te kom, moet julle ontslae raak van die vreemde gode en godinne wat julle het. Wees getrou aan die Here en dien Hom alleen, dan sal Hy julle vrymaak uit die mag van die Filistyne.” Die Israeliete het toe ontslae geraak van die Baälgode en die Astartegodinne en net die Here gedien.

1 SAMUEL 7:3-4 ABA (Bybel vir almal)

Samuel het vir al die Israeliete gesê: “As julle met julle hele hart terugkom na die Here toe, en julle gooi die gode van ander volke weg en ook die Astartes, en as julle net vir die Here lief is en julle dien net vir Hom, dan sal Hy julle red van die Filistyne.” Die Israeliete het toe die Baäls en die Astartes weggegooi en hulle het net vir die Here gedien.

1 SAMUEL 7:3-4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Samuel het toe vir die hele huis van Israel gesê: “As julle met julle hele hart na die HERE wil terugkeer, verwyder dan die vreemde gode uit julle midde, en ook die Astartes. Rig julle hart op die HERE en dien Hom alleen, sodat Hy julle kan red uit die hand van die Filistyne.” Die Israeliete het toe die Baäls en die Astartes verwyder en net die HERE gedien.

1 SAMUEL 7:3-4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En Samuel het met die hele huis van Israel gespreek en gesê: As julle julle tot die HERE bekeer met julle hele hart, verwyder dan die vreemde gode en Astartes onder julle uit, en berei julle harte tot die HERE voor en dien Hom alleen. Hy sal jou red uit die hand van die Filistyne. Toe het die kinders van Israel die Baäls en Astartes verstoot en die HERE alleen gedien.