1 SAMUEL 7:2
1 SAMUEL 7:2 Bybel vir almal (ABA)
Die kis van die Here het lank in Kirjat-Jearim gebly, dit was 20 jaar daar. Al die Israeliete het gehuil en getreur en hulle het gevra dat die Here hulle moet help teen die Filistyne.
1 SAMUEL 7:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN van die dag af dat die ark in Kirjat-Jeárim gebly het, het daar geruime tyd verloop — dit was twintig jaar — en die hele huis van Israel het agter die HERE aan geweeklaag.
1 SAMUEL 7:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vandat die ark in Kirjat-Jearim 'n staanplek gekry het, het daar 'n lang tyd verloop, twintig jaar. Toe het al die Israeliete by die Here gekla oor hulle verdrukking
1 SAMUEL 7:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vanaf die dag dat die ark in Kirjat-Jearim 'n tuiste gevind het, het daar 'n lang tyd verloop – twintig jaar. Die hele huis van Israel wou toe weer die HERE volg.
1 SAMUEL 7:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En terwyl die ark in Kirjat-Jeárim gebly het, was die tyd lank; want dit was twintig jaar, en die hele huis van Israel het agter die HERE aan geweeklaag.