1 SAMUEL 3:6
1 SAMUEL 3:6 Bybel vir almal (ABA)
Die Here roep toe weer: “Samuel!” Samuel het opgestaan en hy het na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want jy het my geroep.” Maar Eli het gesê: “My seun, ek het jou nie geroep nie. Gaan slaap weer.”
1 SAMUEL 3:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verder het die HERE Samuel weer geroep, en Samuel het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: Hier is ek, want u het my geroep. Maar hy antwoord: Ek het nie geroep nie, my seun, gaan slaap maar weer.
1 SAMUEL 3:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het weer na Samuel geroep, en hy het opgestaan, na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.” Toe sê Eli: “My seun, ek het nie geroep nie! Gaan lê maar weer.”
1 SAMUEL 3:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE roep toe weer: “Samuel!” Samuel het opgestaan, na Eli gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het na my geroep.” Maar hy antwoord: “Ek het nie geroep nie, my seun. Gaan lê maar weer.”
1 SAMUEL 3:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die HERE het weer Samuel geroep. Toe staan Samuel op en gaan na Eli en sê: Hier is ek! want U het my geroep. En hy antwoord: Ek het nie geroep nie, my seun; weer gaan lê.