1 SAMUEL 3:18
1 SAMUEL 3:18 Bybel vir almal (ABA)
Samuel het vir Eli alles vertel. Hy het niks weggesteek nie. En Eli het gesê: “Hy is die Here, Hy moet doen wat Hy wil doen.”
1 SAMUEL 3:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Samuel het hom al die woorde meegedeel, en niks vir hom verberg nie. En hy het gesê: Hy is die HERE; laat Hom doen wat goed is in sy oë.
1 SAMUEL 3:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe vertel Samuel hom alles; hy het niks weggesteek nie. En Eli het gesê: “Hy is die Here, laat Hom doen soos Hy wil.”
1 SAMUEL 3:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Samuel het toe alles vir hom vertel. Hy het niks vir hom weggesteek nie. Daarop sê Eli: “Hy is die HERE – wat goed is in sy oë, sal Hy doen.”
1 SAMUEL 3:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Samuel het hom alles vertel en niks vir hom weggesteek nie. En hy sê: Dit is die HERE; laat Hy doen wat Hy goed vind.