1 SAMUEL 25:25
1 SAMUEL 25:25 Bybel vir almal (ABA)
Meneer, jy moet asseblief nie dink aan wat hierdie slegte man Nabal gesê het nie, want hy is soos sy naam sê. Sy naam is Nabal en hy is 'n dwaas. Ek het nie Meneer se manne gesien wat jy gestuur het nie.
1 SAMUEL 25:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
My heer moet hom tog nie steur aan daardie deugniet van 'n man, aan Nabal nie; want soos sy naam is, so is hy; sy naam beteken dwaas, en dwaasheid is by hom. Maar wat my betref, u dienares het my heer se jongmanne wat u gestuur het, nie gesien nie.
1 SAMUEL 25:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Meneer moet hom tog nie steur aan daardie verkeerde mens, aan Nabal nie, want hy is net soos sy naam. Sy naam beteken dwaas, en dwaas is hy. Maar ek, ek het nie die manne van Meneer vir wie Meneer gestuur het, gesien nie.