1 SAMUEL 21:11
1 SAMUEL 21:11 Bybel vir almal (ABA)
Akis se amptenare het vir hom gesê: “Dit is Dawid, die koning van die land. Dit is die man vir wie die vroue gedans en gesing het. Hulle het gesê: “ ‘ Saul het duisende manne oorwin, maar Dawid het tienduisende oorwin.’ ”
1 SAMUEL 21:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die dienaars van Agis het hom gevra: Is dit nie Dawid, die koning van die land nie? Het hulle nie vir hom in die koordanse gesing nie en gesê: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende?
1 SAMUEL 21:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Akis se amptenare het vir hom gesê: “Is dit nie Dawid, die koning van die land nie? Sing hulle nie vir hom in koordanse nie: “Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende!”
1 SAMUEL 21:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Agis se amptenare het vir hom gesê: “Is dit dan nie Dawid dié, die koning van die land nie? Is dit nie vir hom wat hulle in hulle kringdanse gesing het nie? “ ‘Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende!’ ”
1 SAMUEL 21:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die dienaars van Agis sê vir hom: Is dit nie Dawid, die koning van die land nie? Het hulle nie die een vir die ander van hom in koordanse gesing nie en gesê: Saul het sy duisende verslaan en Dawid sy tienduisende?