1 SAMUEL 20:1
1 SAMUEL 20:1 Bybel vir almal (ABA)
Dawid het uit die profete-kamp by Rama gevlug en hy het na Jonatan toe gegaan. Hy het vir Jonatan gesê: “Wat het ek verkeerd gedoen? Wat het ek gedoen teen jou pa? Watter fout het ek gemaak? Hoekom wil jou pa my doodmaak?”
1 SAMUEL 20:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
TOE het Dawid gevlug uit Najot by Rama, en hy het by Jónatan gekom en gevra: Wat het ek gedoen? Wat is my misdaad, en wat is my sonde voor jou vader, dat hy my lewe soek?
1 SAMUEL 20:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna het Dawid uit die profetekwartiere in Rama padgegee en by Jonatan gekom en vir hom gevra: “Wat het ek gedoen? Wat is my oortreding of wat het ek verkeerd gedoen teenoor jou pa dat hy my lewe soek?”