1 SAMUEL 19:4
1 SAMUEL 19:4 Bybel vir almal (ABA)
Jonatan het by die koning gesoebat oor Dawid. Hy het gesê: “Koning, jy moet asseblief nie iets verkeerd doen aan Dawid nie, want hy het nie iets verkeerd gedoen teen jou nie. Alles wat Dawid gedoen het, was baie goed vir jou.
1 SAMUEL 19:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jónatan het toe goed van Dawid gespreek by sy vader Saul en vir hom gesê: Laat die koning hom tog nie besondig aan sy dienaar Dawid nie, omdat hy nie teen u gesondig het nie, en omdat sy handelwyse u geheel ten goede kom
1 SAMUEL 19:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jonatan het toe vir Dawid voorspraak gedoen by Saul en vir hom gesê: “Die koning moet hom tog nie aan sy onderdaan Dawid besondig nie, want hy het u geen kwaad aangedoen nie, sy dade was baie voordelig vir u.
1 SAMUEL 19:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jonatan het toe vir Dawid voorspraak gedoen by sy vader, by Saul. Hy het vir hom gesê: “Die koning moet tog nie verkeerd doen wat sy dienaar Dawid betref nie, want hy het niks verkeerds teenoor u gedoen nie. Trouens, sy optrede was grootliks tot u voordeel.
1 SAMUEL 19:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jónatan het goed gepraat oor Dawid met sy vader Saul en vir hom gesê: Laat die koning nie sondig teen sy dienaar, teen Dawid nie; omdat hy nie teen jou gesondig het nie en omdat sy werke vir jou baie goed was.