1 SAMUEL 19:20
1 SAMUEL 19:20 Bybel vir almal (ABA)
en hy het manne gestuur om vir Dawid te vang. Maar toe die manne die groep profete sien, en hulle hoor hoe die profete praat en hulle sien Samuel is die leier, het die Gees van God in Saul se manne gekom, en hulle het ook soos profete begin praat.
1 SAMUEL 19:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop stuur Saul boodskappers om Dawid te gaan haal. Maar toe hulle die skare profete sien profeteer, met Samuel as leier aan hulle hoof, het die Gees van God oor die boodskappers van Saul gekom, sodat hulle ook geprofeteer het.
1 SAMUEL 19:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarop stuur Saul boodskappers om Dawid gevange te neem. Toe hulle die groep profete sien wat besig was om as profete op te tree onderwyl Samuel hulle voorgaan, het die Gees van God oor die boodskappers van Saul gekom, en hulle het self ook begin om as profete op te tree.
1 SAMUEL 19:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarop stuur Saul gesante om Dawid te gaan vang. Toe hulle die groep profete in geestesvervoering sien, met Samuel wat daar staan as hulle voorganger, het die Gees van God oor Saul se gesante gekom, en ook hulle het in geestesvervoering geraak.
1 SAMUEL 19:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Saul het boodskappers gestuur om Dawid te gaan haal; en toe hulle die skare profete sien profeteer en Samuel wat oor hulle aangestel is, staan, was die Gees van God op die boodskappers van Saul, en hulle het ook geprofeteer.