1 SAMUEL 15:32
1 SAMUEL 15:32 Bybel vir almal (ABA)
Daarna het Samuel gesê: “Julle moet vir Agag, die koning van die Amalekiete, na my toe bring.” Agag het na Samuel toe gekom. Agag was nie bekommerd nie. Hy het gesê: “Ek is seker hulle sal my nie doodmaak nie, ek is nie meer bang nie.”
1 SAMUEL 15:32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop sê Samuel: Bring Agag, die koning van Ámalek, na my toe. Terwyl Agag dan opgeruimd na hom gaan, sê Agag: Waarlik, die bitterheid van die dood het gewyk.
1 SAMUEL 15:32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe beveel Samuel: “Bring vir koning Agag van Amalek na my toe.” Agag het opgeruimd na hom toe geloop en gesê: “Nou is ek nie meer bang dat hulle my sal doodmaak nie.”
1 SAMUEL 15:32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Samuel het gesê: “Bring Agag, die koning van die Amalekiete, na my toe.” Terwyl Agag in boeie na hom toe loop, het hy gedink: “Waarlik, die bitterheid van die dood het gewyk! ”
1 SAMUEL 15:32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Samuel: Bring Agag, die koning van die Amalekiete, hier na my toe. En Agag het vriendelik na hom gekom. En Agag sê: Waarlik, die bitterheid van die dood is verby.