1 SAMUEL 13:7 - Compare All Versions
1 SAMUEL 13:7 ABA (Bybel vir almal)
Party Hebreërs het oor die Jordaan-rivier gegaan na die land Gad en die land Gilead. Saul was nog in Gilgal, en al die manne by hom was baie bang.
1 SAMUEL 13:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En die Hebreërs het die Jordaan deurgetrek na die land Gad en Gílead; maar Saul was nog in Gilgal met al die manskappe wat bewende agter hom aan gegaan het.
1 SAMUEL 13:7 AFR83 (Afrikaans 1983)
En sommige Hebreërs het deur die Jordaan gegaan na Gad en na Gilead toe. Saul was egter nog in Gilgal en al die manskappe by hom was doodbang.
1 SAMUEL 13:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Van die Hebreërs het die Jordaan oorgesteek na die landstreke van Gad en Gilead. Saul was egter nog in Gilgal. Al die manskappe het hom bewend gevolg.
1 SAMUEL 13:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En van die Hebreërs het oor die Jordaan getrek na die land Gad en Gílead. Wat Saul betref, hy was nog in Gilgal, en die hele volk het hom bewend gevolg.
1 SAMUEL 13:7 DB (Die Boodskap)
Die Hebreeuse huursoldate het padgegee na die streke van Gad en Gilead oorkant die Jordaan. Saul het in Gilgal agtergebly. Die mense wat nog by hom was, was doodbang.
1 SAMUEL 13:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Sommige het deur die Jordaanrivier gegaan en na die gebied van Gad en Gilead gevlug. Intussen het Saul in Gilgal vertoef terwyl sy manskappe van vrees gebewe het.