1 SAMUEL 13:13
1 SAMUEL 13:13 Bybel vir almal (ABA)
Samuel het vir Saul gesê: “Jy het 'n verkeerde ding gedoen, jy het nie gedoen wat jou God die Here gesê het nie. As jy gehoorsaam was, dan sou die Here jou lank laat regeer het oor die Israeliete.
1 SAMUEL 13:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê Samuel vir Saul: Jy het dwaas gehandel, jy het die gebod van die HERE jou God wat Hy jou beveel het, nie gehou nie; want anders sou die HERE jou koningskap oor Israel vir goed bevestig het.
1 SAMUEL 13:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Samuel sê vir Saul: “Jy het dwaas gehandel. As jy maar die bevel van die Here jou God wat Hy jou gegee het, nagekom het! Waarlik, dan sou die Here nou jou koningskap oor Israel vir altyd bevestig het.
1 SAMUEL 13:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe sê Samuel vir Saul: “Jy het dwaas opgetree. Jy het nie die opdrag van die HERE jou God, dit wat Hy jou beveel het, nagekom nie. Het jy dit maar gedoen! Want dan sou die HERE jou koningskap oor Israel vir altyd bevestig het.
1 SAMUEL 13:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Samuel vir Saul: Jy het dwaas gehandel: jy het die gebod van die HERE jou God wat Hy jou beveel het, nie gehou nie; want nou sou die HERE jou koningskap oor Israel vir ewig bevestig het.