1 SAMUEL 12:8
1 SAMUEL 12:8 Bybel vir almal (ABA)
Nadat Jakob in Egipte gekom het, het julle voorvaders tot die Here gebid en hulle het gevra dat Hy hulle moet help. Die Here het vir Moses en Aäron gestuur, en hulle het julle voorvaders uit Egipte gebring en hier laat woon.
1 SAMUEL 12:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Nadat Jakob in Egipte gekom en julle vaders die HERE aangeroep het, het die HERE Moses en Aäron gestuur; en hulle het julle vaders uit Egipte gelei, en Hy het hulle op hierdie plek laat woon.
1 SAMUEL 12:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Nadat Jakob in Egipte gekom het, het julle voorvaders na die Here geroep om hulp. Die Here het toe vir Moses en Aäron gestuur, en hulle het julle voorvaders uit Egipte uit gelei en in hierdie land laat woon.
1 SAMUEL 12:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nadat Jakob in Egipte aangekom het, het julle voorouers na die HERE om hulp geroep. Die HERE het Moses en Aäron gestuur, en hulle het julle voorouers uit Egipte laat wegtrek en hulle op hierdie plek laat woon.
1 SAMUEL 12:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe Jakob in Egipte ingekom het, en julle vaders die HERE aangeroep het, het die HERE Moses en Aäron gestuur, wat julle vaders uit Egipte uitgelei het en hulle in hierdie plek laat woon het.