1 SAMUEL 12:23
1 SAMUEL 12:23 Bybel vir almal (ABA)
En ek, julle moenie dink dat ek sonde sal doen teen die Here nie, ek sal nie ophou om vir julle te bid nie, ek sal vir julle leer om reg te lewe.
1 SAMUEL 12:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ook wat my betref, dit is ver van my dat ek teen die HERE sou sondig, dat ek sou ophou om vir julle te bid; maar ek sal julle in die goeie en regte weg onderrig.
1 SAMUEL 12:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ook ek sal nie teen die Here sondig deur op te hou om vir julle te bid nie. Ek sal julle aanhou onderrig in die goeie en reguit pad.
1 SAMUEL 12:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Ook wat my betref – nooit sal ek teen die HERE sondig deur op te hou om vir julle te bid nie. Ek sal julle die goeie en reguit pad leer.
1 SAMUEL 12:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En wat my betref, mag God verhoed dat ek teen die HERE sou sondig deur op te hou om vir julle te bid; maar ek sal julle die goeie en die regte weg leer.