1 SAMUEL 1:24
1 SAMUEL 1:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sy hom gespeen het, het sy hom saamgeneem, en ook 'n driejaaroud bul , sestien kilogram meel en 'n kruik wyn. Sy het hom as klein seuntjie weggebring na die huis van die Here toe in Silo.
1 SAMUEL 1:24 Bybel vir almal (ABA)
Nadat hy opgehou het om aan haar te drink, het sy hom saam met haar geneem en sy het hom na die tempel in Silo gebring. Die seun was nog jonk. Hanna het 'n bul saamgeneem wat drie jaar oud was en ook 'n efa meel en 'n velsak wyn.
1 SAMUEL 1:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En sodra sy hom gespeen het, het sy hom met haar saam gebring, met drie bulle en 'n efa meel en 'n sak wyn, en sy het hom gebring in die huis van die HERE in Silo. En die seun was nog jonk.
1 SAMUEL 1:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nadat sy hom gespeen het, het sy met hom opgegaan, met 'n driejaaroud bul, 'n efa meel en 'n kruik wyn. Sy het hom as 'n jong seuntjie na die huis van die HERE in Silo geneem.
1 SAMUEL 1:24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En nadat sy hom gespeen het, het sy hom saam met haar opgeneem, met drie bulle en een efa meel en 'n sak wyn, en sy het hom na die huis van die HERE in Silo gebring, en die kind was jonk.