1 SAMUEL 1:19
1 SAMUEL 1:19 Bybel vir almal (ABA)
Die volgende oggend het Elkana en Hanna vroeg opgestaan en hulle het tot die Here gebid, en toe het hulle teruggegaan na hulle huis in die stad Rama. Elkana het by Hanna geslaap, en die Here het aan haar gedink.
1 SAMUEL 1:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het hulle die môre vroeg klaargemaak en voor die aangesig van die HERE aanbid en teruggegaan en by hulle huis in Rama gekom; en Élkana het sy vrou Hanna beken, en die HERE het aan haar gedink.
1 SAMUEL 1:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die volgende môre het Elkana-hulle vroeg opgestaan, die Here aanbid en teruggegaan huis toe. Nadat hulle tuis gekom het in Rama, het Elkana gemeenskap gehad met sy vrou Hanna, en die Here het aan haar gedink.
1 SAMUEL 1:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het vroeg die volgende môre opgestaan, voor die HERE in aanbidding gebuig, en weer na hulle huis in Rama gegaan. Elkana het met sy vrou Hanna gemeenskap gehad, en die HERE het aan haar gedink.
1 SAMUEL 1:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het die môre vroeg opgestaan en voor die aangesig van die HERE aanbid en teruggekeer en by hulle huis in Rama aangekom; en Elkana het sy vrou Hanna beken; en die HERE het aan haar gedink.