1 SAMUEL 1:18 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
1 SAMUEL 1:18 AFR83 (Afrikaans 1983)
En sy het gesê: “Mag dit vir my wees soos u sê.” Sy het toe geloop en gaan eet, en sy was nie meer bedruk nie.
1 SAMUEL 1:18 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Daarop sê sy: Mag u dienares guns in u oë vind. Die vrou het toe daar weggegaan, en sy het geëet en haar aangesig was anders.
1 SAMUEL 1:18 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Baie dankie, Meneer!” antwoord sy en gaan terug om te eet. Sy was nie meer hartseer nie.
1 SAMUEL 1:18 DB (Die Boodskap)
Nederig het Hanna hom geantwoord: “Dankie dat u vir my goed is.” Sy het na haar mense toe teruggegaan en geëet. Sy het nie meer so ongelukkig gelyk nie.
1 SAMUEL 1:18 ABA (Bybel vir almal)
Hanna het geantwoord: “Ek hoop jy sal aanhou tevrede wees met my.” Sy het gegaan en geëet, en sy was nie meer ongelukkig nie.
1 SAMUEL 1:18 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Mag u slavin genade vind in u oë,” het sy gesê. Die vrou is toe daar weg. Sy het geëet, en haar gesig was nie meer droewig nie.
1 SAMUEL 1:18 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sy sê: Laat u dienares genade vind in u oë. So het die vrou toe gegaan en geëet, en haar aangesig was nie meer bedroef nie.