1 PETRUS 4:12
1 PETRUS 4:12 Bybel vir almal (ABA)
Liewe vriende, julle moenie verbaas wees wanneer julle baie swaar kry nie. Hierdie dinge toets julle en wil julle laat ophou om God te dien. Julle weet dat dit iets is wat kan gebeur.
1 PETRUS 4:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie
1 PETRUS 4:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie.
1 PETRUS 4:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Geliefdes, moenie verbaas wees wanneer 'n vurige beproewing oor julle kom, asof iets vreemds met julle gebeur nie
1 PETRUS 4:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Geliefdes, dink dit is nie vreemd aangaande die vurige beproewing wat julle op die proef gaan stel nie, asof iets vreemds met julle gebeur het.