1 PETRUS 2:22-23
1 PETRUS 2:22-23 Bybel vir almal (ABA)
Hy het nie sonde gedoen nie, en Hy het niemand bedrieg nie. Toe mense vir Christus beledig het, het Hy nie ook vir hulle beledig nie. Toe mense vir Hom laat swaarkry het, het Hy nie gesê dat Hy ook vir hulle sal laat swaarkry nie. Hy het hulle gelos sodat God reg kan oordeel oor hulle.
1 PETRUS 2:22-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie; wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel
1 PETRUS 2:22-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel.
1 PETRUS 2:22-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy wat “nie sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie”; wat, toe Hy uitgeskel is, nie teruggeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar Homself toevertrou het aan Hom wat regverdig oordeel
1 PETRUS 2:22-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wat geen sonde gedoen het nie, en geen bedrog is in sy mond gevind nie; wat, toe hy uitgeskel is, nie weer uitgeskel het nie; toe hy gely het, het hy nie gedreig nie; maar hom toevertrou aan hom wat regverdig oordeel.
1 PETRUS 2:22-23 Die Boodskap (DB)
As Christene word daar van julle verwag om soos Jesus te leef. Hy het vir julle ’n voorbeeld gestel hoe julle moet leef. Leef soos Hy geleef het. Onthou dan, Hy het vir julle gely en nooit iets gedoen waarvan God nie gehou het nie. Wat Hy gesê het, kan julle maar altyd glo. Hy het mense wat lelike dinge vir Hom gesê het, nie terugbeledig nie. Toe hulle Hom seergemaak het, het Hy nie gesê dat Hy hulle gaan terugkry nie. Hy was tevrede om alles in God se hande te los. God sal daarvoor sorg dat wat moet gebeur, sal gebeur.