YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

1 PETRUS 2:1

1 PETRUS 2:1 Bybel vir almal (ABA)

Daarom moet julle ophou om enige iets te doen wat sleg is en julle moenie iemand bedrieg nie. Julle moet ook nie skynheilig en jaloers wees en slegte dinge sê van ander mense nie.

Deel
Lees 1 PETRUS 2

1 PETRUS 2:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

LÊ dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery

Deel
Lees 1 PETRUS 2

1 PETRUS 2:1 Afrikaans 1983 (AFR83)

Hou dan op met elke vorm van kwaad, met alle bedrog, huigelary, jaloesie en kwaadpratery.

Deel
Lees 1 PETRUS 2

1 PETRUS 2:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Lê daarom alles wat sleg is, en alle bedrog en geveinsdheid en jaloesie, en alle geskinder af

Deel
Lees 1 PETRUS 2

1 PETRUS 2:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Daarom moet u alle boosheid en alle bedrog en huigelary en afguns en alle boosheid tersyde stel

Deel
Lees 1 PETRUS 2

1 PETRUS 2:1 Die Boodskap (DB)

Maak julle lewe skoon. Raak ontslae van slegte en oneerlike dinge. Moenie agter iemand se rug iets anders wees as wat julle voor hom is nie. Jaloesie bring julle niks in die sak nie, en om sleg te praat van ander nog minder.

Deel
Lees 1 PETRUS 2

1 PETRUS 2:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Julle moet julleself distansieer van alle slegte gedrag, van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie, van jaloesie en alle kwaadpratery.

Deel
Lees 1 PETRUS 2
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's