1 PETRUS 1:9
1 PETRUS 1:9 Bybel vir almal (ABA)
Julle is bly, want julle weet wat julle gaan kry: God sal vir julle red, julle wat in Christus glo.
1 PETRUS 1:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.
1 PETRUS 1:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap.
1 PETRUS 1:8-9 Die Boodskap (DB)
Julle het Jesus wel nie gesien toe Hy op aarde was nie, tog maak dit nie vir julle saak nie. Julle het Hom lief en bly lojaal teenoor Hom. Julle bly op Hom vertrou. Dit is nie asof alles eers eendag daar ver gaan gebeur nie. Omdat ons op Jesus vertrou, kan ons sê dat ons saak nou reeds met God reg is. Dit is waarom ons in Jesus glo. Ek kan julle nie sê hoe bly dit ons maak nie. Ons loop behoorlik oor van dié wonderlike vreugde.