1 PETRUS 1:4
1 PETRUS 1:4 Bybel vir almal (ABA)
Ons is seker dat God vir julle alles sal gee wat Hy belowe het. Niemand kan die dinge wegvat wat God gee nie, dit bly dieselfde, dit is nie soos 'n blom wat droog word en verlep nie. God het hierdie dinge vir julle gebêre in die hemel.
1 PETRUS 1:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
sodat ons 'n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons
1 PETRUS 1:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.
1 PETRUS 1:4 Die Boodskap (DB)
Met al die dinge wat Hy vir ons beloof het, kan niks skeefloop nie, want dit kan nie stukkend of verlore raak nie. God bêre dit vir ons daar by Hom. Daarom twyfel ons nie een oomblik dat God sy woord gaan hou nie. Ons weet dit gaan gebeur, al weet ons nie wanneer nie. God het mos bewys dat Hy al die dinge vir ons kan en wil doen toe Hy Jesus uit die dood opgewek het.