1 KONINGS 8:46 - Compare All Versions

1 KONINGS 8:46 ABA (Bybel vir almal)

“Al die mense doen sonde. U volk doen ook sonde teen U, en dan word U kwaad en U gee hulle vir hulle vyande sodat die vyande hulle kan vang en wegvat na die vyande se land, ver of naby.

1 KONINGS 8:46 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

As hulle teen U sondig — want daar is geen mens wat nie sondig nie — en U op hulle toornig is en hulle aan 'n vyand oorgee en hulle veroweraars hulle as gevangenes wegvoer na die land van die vyand, ver of naby

1 KONINGS 8:46 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Sou hulle teen U sondig, want daar is nie 'n mens wat nie sondig nie, en U in u verontwaardiging hulle aan 'n vyand oorgee, sodat hulle as gevangenes weggevoer word na die vyand se land toe, ver of naby

1 KONINGS 8:46 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“Wanneer hulle teen U sondig – want daar is geen mens wat nie sondig nie – en U toornig is op hulle en hulle oorgee aan 'n vyand, en hulle ontvoerders hulle wegvoer na die land van die vyand, ver of naby

1 KONINGS 8:46 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

As hulle teen jou sondig (want daar is niemand wat nie sondig nie) en jy vir hulle kwaad word en hulle aan die vyand oorgee, sodat hulle hulle as gevangenes wegvoer na die land van die vyand, ver of naby

1 KONINGS 8:46 DB (Die Boodskap)

“Wanneer u mense teen U gesondig het - en wie is daar wat nie sondig nie? - en U hulle in woede in die hand van die vyand oorgee sodat hulle na ’n ver land in ballingskap weggevoer word, maar hulle roep nogtans tot U

1 KONINGS 8:46 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“As hulle teen u sondig – want wie sondig nie – kan U ontevrede word en hulle oorgee aan hulle vyande wat hulle as gevangenes wegvoer na ’n vreemde land, ver of naby.