1 KONINGS 6:20
1 KONINGS 6:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Aan die voorkant was die heiligdom twintig el breed. Dit was twintig el lank en twintig el hoog. Hy het die binnekant met bladgoud oorgetrek. Hy het ook 'n sederhoutaltaar oorgetrek.
1 KONINGS 6:20 Bybel vir almal (ABA)
Die binneste kamer was 20 el lank en 20 el breed en 20 el hoog, en Salomo het die mure laat toemaak met dun goudplate. Hy het die altaar voor die binneste kamer van sederhout laat maak.
1 KONINGS 6:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die binneste vertrek was twintig el in lengte en twintig el in breedte en twintig el in sy hoogte, en hy het dit oorgetrek met fyn goud; en die altaar het hy met sederhout bedek.
1 KONINGS 6:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die binneste heiligdom was tien meter lank, tien meter breed en tien meter hoog. Salomo het dit oorgetrek met geslae goud, en die altaar voor die binneste heiligdom het hy met sederhout oorgetrek.
1 KONINGS 6:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die binnekant van die voorkant was twintig el in lengte en twintig el in breedte en twintig el in sy hoogte; en hy het dit met suiwer goud oorgetrek; en so het die altaar bedek wat van sederhout was.