1 KONINGS 21:25
1 KONINGS 21:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Waarlik, daar was niemand soos Agab wat homself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE nie, omdat sy vrou Isébel hom verlei het.
1 KONINGS 21:25 Bybel vir almal (ABA)
Daar was nie nog iemand wat so sleg was soos Agab nie. Hy het dit geniet om dinge te doen waarvan die Here nie hou nie. Sy vrou Isebel het hom die dinge laat doen.
1 KONINGS 21:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar was nooit iemand wat hom soos Agab daaraan oorgegee het om te doen wat verkeerd is in die oë van die Here nie. Sy vrou Isebel het hom daartoe aangehits.
1 KONINGS 21:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar was werklik niemand wat hom soos Agab daaraan oorgegee het om te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE nie, want sy vrou Isebel het hom daartoe aangespoor.
1 KONINGS 21:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar daar was niemand soos Agab wat homself verkoop het om goddeloosheid te doen in die oë van die HERE, wat sy vrou Isébel opgewek het nie.