1 KONINGS 18:24 - Compare All Versions
1 KONINGS 18:24 ABA (Bybel vir almal)
Dan moet die profete van Baäl tot hulle god bid, en ek sal tot die Here bid. Die god wat met vuur antwoord en wat die hout op die altaar laat brand, Hý is God.” Al die mense het geantwoord: “Dit is goed.”
1 KONINGS 18:24 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Roep julle dan die naam van julle god aan, en ék sal die Naam van die HERE aanroep; en die God wat met vuur antwoord, Hy sal God wees. En die hele volk het geantwoord en gesê: Die woord is goed.
1 KONINGS 18:24 AFR83 (Afrikaans 1983)
Dan moet julle tot julle god bid, en ek sal tot die Here bid. Hy wat met vuur antwoord, is God.” Die hele volk het geantwoord: “Dis goed so.”
1 KONINGS 18:24 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dan moet julle die naam van julle god aanroep, en ek sal die Naam van die HERE aanroep. Die god wat met vuur antwoord, Hy is God. ” Die hele volk het daarop gereageer en gesê: “Dit is goed so.”
1 KONINGS 18:24 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En roep die Naam van julle gode aan, en ek sal die Naam van die HERE aanroep; en die God wat met vuur antwoord, laat hy God wees. En die hele volk het geantwoord en gesê: Dit is goed gespreek.
1 KONINGS 18:24 DB (Die Boodskap)
Laat die Baälprofete dan vir Baäl vra om die vuur aan te steek en ek sal die Here vra. Wie die vuur aansteek, is die enigste ware God.” Die volk het hierdie voorstel van Elia aanvaar.
1 KONINGS 18:24 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Dan moet julle julle god aanroep en ek sal die HERE aanroep. Die een wat met vuur antwoord, is die ware God!” Die hele volk het met hierdie reëling saamgestem.