1 KONINGS 17:10
1 KONINGS 17:10 Bybel vir almal (ABA)
Elia het gereedgemaak en na Sarfat gegaan. Toe hy by die poort van die stad kom, was 'n weduwee daar besig om hout bymekaar te maak. Hy het haar geroep en gevra: “Gee asseblief vir my 'n bietjie water in 'n beker sodat ek dit kan drink.”
1 KONINGS 17:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop het hy hom gereedgemaak en na Sarfat gegaan; en toe hy by die ingang van die stad kom, was 'n weduwee juis besig om daar houtjies bymekaar te maak. En hy roep haar en sê: Gaan haal tog vir my 'n bietjie water in die kan, dat ek kan drink.
1 KONINGS 17:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy gaan toe na Sarfat toe, en toe hy by die poort van die stad kom, was daar 'n weduwee net besig om houtjies op te tel. Hy vra haar toe: “Gee my asseblief 'n bekertjie water om te drink.”