1 KONINGS 1:13
1 KONINGS 1:13 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet na koning Dawid toe gaan en vir hom sê: ‘Meneer die koning, jy het vir my belowe, en die Here was die getuie, dat my seun Salomo koning sal word ná jou en dat hý op jou troon sal sit. Hoekom het Adonia nou koning geword?’
1 KONINGS 1:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Gaan en tree binne by koning Dawid en sê vir hom: Het ú nie, my heer die koning, vir u dienares gesweer en gesê nie: U seun Salomo sal sekerlik koning word ná my, en hý sal op my troon sit? Waarom het Adónia dan koning geword?
1 KONINGS 1:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Gaan na koning Dawid toe en sê vir hom: ‘U Majesteit, u het mos vir my met 'n eed beloof my seun Salomo sal na u koning word en dit is hy wat op u troon sal sit. Hoe is dit dan dat Adonia nou koning geword het?’
1 KONINGS 1:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Gaan in na koning Dawid en sê vir hom, ‘Het u, my heer die koning, nie self 'n eed afgelê vir u dienares nie, met die woorde: “Salomo, jou seun, sal beslis ná my koning word. Dit is hy wat op my troon sal sit.” Waarom het Adonia dan koning geword?’
1 KONINGS 1:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Gaan heen en gaan by koning Dawid in en sê vir hom: Het u nie, my heer die koning, vir u dienares gesweer en gesê: Waarlik, u seun Salomo sal ná my regeer, en hy sal op my troon sit nie? waarom regeer Adonia dan?