1 JOHANNES 5:20
1 JOHANNES 5:20 Bybel vir almal (ABA)
Ons weet dat die Seun van God gekom het en dat Hy ons gehelp het om die ware God te leer ken. Nou is ons by die ware God en by sy Seun, Jesus Christus. Jesus is regtig God, Hy gee vir ons die ewige lewe.
1 JOHANNES 5:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe.
1 JOHANNES 5:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken; en ons is in die ware God, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die ware God en die ewige lewe.
1 JOHANNES 5:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En ons weet dat die Seun van God gekom het, en aan ons verstand gegee het sodat ons die Waaragtige kan ken, en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus •Christus. Hy is die ware God en die ewige lewe.
1 JOHANNES 5:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het, sodat ons die Waaragtige kan ken, en ons is in die Waaragtige, ja, in sy Seun Jesus Christus. Dit is die ware God, en die ewige lewe.
1 JOHANNES 5:20 Die Boodskap (DB)
Dit weet ons: die Seun van God het gekom en vir ons die geestelike dinge kom verduidelik. Daarom kan ons nou die ware God ken. Ons is deel van die familie van die ware God, van sy Seun, Jesus Christus. Hierdie Jesus self is die ware God en die ewige lewe.