1 Johannes 1 Johannes 5

1 Johannes 5
Geloof in Jesus en die gevolge daarvan
1Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die vader liefhet, het ook hom lief wat uit Hom gebore is.
2Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet, wanneer ons God liefhet en sy gebooie bewaar.
3Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar, en sy gebooie is nie swaar nie.
4Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld, en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin, naamlik ons geloof.
5Wie is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?
6Dit is Hy wat deur water en bloed gekom het, Jesus Christus; nie net deur water nie, maar deur water en bloed. En dit is die Gees wat getuig, want die Gees is waarheid.
7Want daar is drie wat getuig in die hemel, die Vader, die Woord en die Heilige Gees; en hierdie drie is een.
8En daar is drie wat op die aarde getuig: die Gees en die water en die bloed; en hierdie drie stem ooreen.
9As ons die getuienis van mense ontvang, is die getuienis van God groter, want dit is die getuienis van God wat Hy van sy Seun getuig het.
10Hy wat in die Seun van God glo, het die getuienis in homself; omdat hy die getuienis nie glo wat God van sy Seun gegee het nie.
11En dit is die getuienis dat God aan ons die ewige lewe gegee het, en hierdie lewe is in sy Seun.
12Hy wat die Seun het, het die lewe; en wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
13Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God; sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, en dat julle kan glo in die Naam van die Seun van God.
14En dit is die vertroue wat ons in Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.
15En as ons weet dat Hy ons verhoor, wat ons ook al vra, weet ons dat ons die smekinge het wat ons van Hom verlang het.
16As iemand sy broer 'n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en hy sal hom die lewe gee vir die wat nie tot die dood sondig nie. Daar is 'n sonde tot die dood: Ek sê nie dat hy daarvoor sal bid nie.
17Alle ongeregtigheid is sonde, en daar is 'n sonde nie tot die dood nie.
18Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die bose raak hom nie aan nie.
19En ons weet dat ons uit God is, en die hele wêreld lê in goddeloosheid.
20En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het, sodat ons die Waaragtige kan ken, en ons is in die Waaragtige, ja, in sy Seun Jesus Christus. Dit is die ware God, en die ewige lewe.
21Kinders, bewaar julleself van afgode. Amen.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid