1 JOHANNES 5:11 - Compare All Versions

1 JOHANNES 5:11 ABA (Bybel vir almal)

God het vir ons gesê dat Hy vir ons die ewige lewe gee. Ja, sy Seun gee vir ons die ewige lewe.

1 JOHANNES 5:11 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun.

1 JOHANNES 5:11 AFR83 (Afrikaans 1983)

En die getuienis behels dít: God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun.

1 JOHANNES 5:11 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

En dit is die getuienis: dat God die ewige lewe vir ons gegee het, en dié lewe is in sy Seun.

1 JOHANNES 5:11 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En dit is die getuienis dat God aan ons die ewige lewe gegee het, en hierdie lewe is in sy Seun.

1 JOHANNES 5:11 DB (Die Boodskap)

Wat behels hierdie getuienis oor sy Seun presies? God bied die ewige lewe vir ons aan. Hierdie lewe is in en by sy Seun beskikbaar.

1 JOHANNES 5:11 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

En dit is die inhoud van sy getuienis: God het aan ons die ewige lewe gegee, en dié lewe bestaan in ’n hegte verhouding met sy Seun.