1 JOHANNES 4:7-8
1 JOHANNES 4:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, ons moet lief wees vir mekaar, want liefde kom van God. Almal wat lief is vir ander mense, is kinders van God en hulle ken vir God. Mense wat nie lief is vir ander mense nie, ken nie vir God nie, want God is liefde.
1 JOHANNES 4:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
GELIEFDES, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.
1 JOHANNES 4:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde.
1 JOHANNES 4:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Geliefdes, laat ons mekaar liefhê, want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. Wie nie liefhet nie, het God nie leer ken nie, want God is liefde.
1 JOHANNES 4:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Geliefdes, laat ons mekaar liefhê, want liefde is uit God; en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. Hy wat nie liefhet nie, ken God nie; want God is liefde.
1 JOHANNES 4:7-8 Die Boodskap (DB)
My liewe vriende, laat ons aanhou om mekaar lief te hê, want liefde kom van God af. Aan liefde ken ’n mens die kinders van God uit, want hulle ken Hom goed. God is liefde! Iemand wat nie liefhet nie, weet niks van God nie.