1 JOHANNES 4:1
1 JOHANNES 4:1 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, julle moenie vir almal glo wat sê dat hulle God se Gees in hulle het nie. Julle moet uitvind of hulle regtig God se Gees het, want daar is baie vals profete in die wêreld.
1 JOHANNES 4:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
GELIEFDES, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.
1 JOHANNES 4:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is.
1 JOHANNES 4:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Geliefdes, moenie elke gees glo nie, maar toets die geeste of hulle van God kom, want daar is reeds baie vals profete in die wêreld.
1 JOHANNES 4:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar toets die geeste of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.
1 JOHANNES 4:1 Die Boodskap (DB)
Liewe vriende, moenie enige persoon glo wat beweer hy sê dit of dat onder die invloed en leiding van die Gees nie. Ondersoek en toets eers hierdie “geestesuitsprake”. Kyk of die oorsprong daarvan regtig by God lê; die wêreld is vol vals profete.