1 JOHANNES 1:1
1 JOHANNES 1:1 Bybel vir almal (ABA)
Ons skryf vir julle oor Jesus Christus. Hy is die Woord wat vir mense ware lewe gee. Toe Hy op die aarde was, het ons gehoor wat Hy sê en ons het Hom self met ons oë gesien. Ja, ons het Hom gesien en ons het met ons hande aan Hom geraak.
1 JOHANNES 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WAT van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons aanskou het en ons hande getas het aangaande die Woord van die lewe
1 JOHANNES 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van die begin af was Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe.
1 JOHANNES 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons aandagtig bekyk het, en wat ons hande aangeraak het aangaande die Woord van die Lewe, dit verkondig ons aan julle.
1 JOHANNES 1:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons gesien en ons hande hanteer het, van die Woord van die lewe
1 JOHANNES 1:1 Die Boodskap (DB)
Alles het by Hom begin. Voor alles was Hy al daar. Wat Jesus kom vertel het, het ons met ons eie ore by Hom gehoor. Ons het Hom met ons eie oë gesien. Ons het mooi dopgehou wat Hy gedoen het. Ons kon aan Hom vat en het ook inderdaad met ons hande aan Hom geraak. Wanneer ons dus oor Jesus praat, is ons seker waarvan ons praat.