I JOHANNES 1
AFR53

I JOHANNES 1

1
Die Woord het in die vlees verskyn.
1 # Joh. 1:1; I Joh. 2:13,14 WAT van die begin af was, wat ons gehoor het, wat #Openb. 1:2ons met ons oë gesien het, wat #Joh. 1:14ons aanskou het en #Lk. 24:39ons hande getas het aangaande die Woord #Joh. 1:4van die lewe —
2en die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en #Joh. 15:27; 21:24ons getuig en verkondig aan julle #I Joh. 5:20die ewige lewe #Joh. 1:1,2wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is —
3wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle, sodat julle ook gemeenskap met ons kan hê; en #Joh. 17:21; I Joh. 2:24ons gemeenskap is met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus.
4En ons skrywe hierdie dinge aan julle, #Joh. 15:11sodat julle blydskap volkome kan wees.
God is lig. Hy wat in die lig nie wandel nie, het geen gemeenskap met Hom nie.
5EN #I Joh. 3:11dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: #Joh. 1:4God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.
6 # I Joh. 2:4 As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en #Joh. 12:35; I Joh. 2:11in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.
7Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en #Hand. 20:28; Openb. 7:14die bloed van Jesus Christus, sy Seun, #I Kor. 6:11reinig ons van alle sonde.
Die belydenis van sonde en die vergifnis.
8AS ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en #I Joh. 2:4die waarheid is nie in ons nie.
9 # Ps. 51:4 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
10As ons sê dat ons nie gesondig het nie, #I Joh. 5:10dan maak ons Hom tot 'n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.

Verskaf met die komplimente van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. © Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Ondersteun ons en word ‘n saaier van hoop.


Vind meer uit oorAfrikaans 1933/1953