1 KORINTIËRS 7:7 - Compare All Versions
1 KORINTIËRS 7:7 ABA (Bybel vir almal)
Ek wens dat alle mense ongetroud was soos ek. Maar God gee vir elke mens sy eie genadegawe. Hy gee vir die een mens een soort gawe, en Hy gee vir die ander mens iets anders.
1 KORINTIËRS 7:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Want ek wens dat alle mense soos ek was; maar elkeen het sy eie genadegawe van God, die een so en die ander weer anders.
1 KORINTIËRS 7:7 AFR83 (Afrikaans 1983)
Eintlik wens ek dat alle mense kon wees soos ek is. Maar elkeen het van God sy besondere gawe ontvang, die een dít en die ander iets anders.
1 KORINTIËRS 7:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek wens alle mense kon soos ek wees; maar elkeen het 'n eie gawe van God ontvang, die een dit, die ander iets anders.
1 KORINTIËRS 7:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want ek wil hê dat alle mense net soos ek self moet wees. Maar elkeen het sy eie gawe van God, een op hierdie manier en 'n ander daarna.
1 KORINTIËRS 7:7 DB (Die Boodskap)
Eintlik wens ek dat almal ongetroud kon bly soos ek. Maar ek weet dit is nie vir almal moontlik nie omdat God almal nie eenders gemaak het nie. Elkeen van ons het verskillende vermoëns van Hom gekry.
1 KORINTIËRS 7:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Eintlik sou ek wens dat almal – soos ek – sonder die huwelik sou regkom. Maar ons het verskillende gawes van God ontvang, die een hierdie, die ander een weer ander.