1 KORINTIËRS 7:18
1 KORINTIËRS 7:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Iemand wat besny was toe hy geroep is, moet dit nie ongedaan laat maak nie. Iemand wat onbesny was toe hy geroep is, moet hom nie laat besny nie.
1 KORINTIËRS 7:18 Bybel vir almal (ABA)
As jy besny was toe God jou gekies het, moenie dan probeer om weg te steek dat jy besny is nie. En as jy nie besny was toe God jou gekies het nie, moenie dan vra dat iemand jou moet besny nie.
1 KORINTIËRS 7:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Is iemand as 'n besnedene geroep — hy moet die besnydenis nie laat verander nie; is iemand as onbesnedene geroep — hy moet hom nie laat besny nie.
1 KORINTIËRS 7:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
As iemand reeds besny was toe God hom geroep het, moet hy die teken van sy besnydenis nie ongedaan probeer maak nie. As iemand 'n onbesnedene was toe hy geroep is, moet hy hom nie laat besny nie.
1 KORINTIËRS 7:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Word iemand geroep om besny te word? laat hom nie onbesnede word nie. Is iemand in onbesnedenheid geroep? laat hom nie besny word nie.